Who We Are / Wie Ons Is

LOGO SMALL

Who We Are…

In the Vryburg area in the North West of South Africa, the 3 Cloete brothers can be found farming with Afrikaner cattle. They are the third generation, passing on the breeding of pure Afrikaner cattle to their 4 sons – to walk in the footsteps of their fathers and grandfathers . These sons will then be the fourth generation.

To get an understanding of how they go about farming with these animals, it would be necessary to have a look at their history, so as to meet with them and get to know them a little better.

Each brother farms his own herd – Johan the eldest, with the “Kromlaagte herd”, Willie with the “Mooibees Afrikaner herd”, as well as  the “Rooibees Afrikaner herd” of late Kotie Cloete (their father) on behalf of their mother, and Kobus with a pure commercial herd, not registered at Studbook.

In 1914 granddad Christiaan Cloete moved from Ermelo with his pure Afrikaner cattle herd, which was established even before the Anglo Boer war in 1899, to Kameel (between Vryburg and Delareyville), which is still the home of these Afrikaner cattle under the watchful eye of Willie since 1988.

Granddad Christiaan registered his Mooibees herd in 1920. In 1933 dad Kotie also registered his Rooibees herd, and then Johan followed with the Kromlaagte herd in 1982, near the town of Stella. Kobus continued the breeding of his pure herd in 1996 from a core selected group coming from late Abraham Cloete (Kotie’s brother near his farms at Tosca).

WIE ONS IS                                                         

In die Vryburg omgewing, in die Noordwestelike deel van Suid Afrika, is die drie Cloete broers die derde geslag wat die suiwer Afrikanerbees teling voortsit in die familie, met 4 seuns wat graag in hul vaders se voetspore wil volg en dus die 4de geslag sal uitmaak. Om ‘n volledige begrip te verkry van hoe die broers tans voortgaan, is dit nodig om hulle aan u bekend te stel, vir u om hul te leer ken en ‘n bietjie verder in hul geskiedenis te kan delf.

Elke broer bestuur en bedryf sy eie kudde. Willie (die middel broer) bedryf die Mooibees stoet, asook die Rooibees kudde van wyle Kotie Cloete (hul pa) namens hul moeder. Johan (die oudste broer) bedryf die Kromlaagte kudde en Kobus (die jongste broer), bedryf ‘n suiwer kudde wat nie by stamboek aangeteken is nie.

In 1914 het oupa Christiaan Cloete vanaf Ermelo met sy suiwer Afrikaner kudde, wat al voor die Anglo-Boere oorlog gevestig was, verhuis na Kameel (tussen Vryburg en Delareyville), waar dit vandag steeds die tuiste van die Afrikaner bees is – onder Willie se toesig en bestuur sedert 1988.

Oupa Christiaan het in die vroeë 1920’s die Mooibees kudde geregistreer en pa Kotie die Rooibees kudde in 1933. In 1982 is met die Kromlaagte stoet begin naby Stella. Kobus het in 1996 voortgegaan met die teling van sy suiwer kudde, waarvan ‘n kern groep beeste afkomstig is van pa Kotie se oorlede broer Abraham Cloete, van sy plase naby Tosca.

 

Letterhead Footer

Home of Cloete Afrikaners